Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 25:8-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. SO spreek die Here Here: Omdat Moab en Seïr sê: Kyk, die huis van Juda is soos al die nasies —

9. daarom, kyk, Ek maak die berghange van Moab oop, dat dit sonder stede is, sonder sy stede in sy hele gebied, die sieraad van die land: Bet-Jésimot, Baäl-Méon en tot Kirjatáim toe;

10. aan die kinders van die Ooste sal Ek dit, saam met die kinders van Ammon, as besitting gee, sodat die kinders van Ammon nie meer genoem sal word onder die nasies nie.

11. Ek sal ook in Moab strafgerigte voltrek; en hulle sal weet dat Ek die Here is.

12. SO sê die Here Here: Omdat Edom wraaksugtig gehandel het teen die huis van Juda en hom baie skuldig gemaak het en hom op hulle gewreek het —

13. daarom, so sê die Here Here: Ek sal my hand uitstrek teen Edom en daaruit mens en dier uitroei; en Ek sal dit ’n puinhoop maak van Teman af, en tot by Dedan sal hulle deur die swaard val.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 25