Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 24:1-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN in die negende jaar, in die tiende maand, op die tiende van die maand, het die woord van Here tot my gekom en gesê:

2. Mensekind, skrywe vir jou die naam van die dag, van hierdie selfde dag, op. Die koning van Babel het hom hierdie selfde dag op Jerusalem gewerp.

3. En dra aan die wederstrewige huis ’n gelykenis voor en sê vir hulle: So spreek die Here Here: Sit die pot op, sit dit op, en gooi ook water daarin.

4. Sit sy stukke almal daarin, al die goeie stukke, die boud en die blad; maak dit vol met die beste bene.

5. Neem die beste van die kleinvee, en ook ’n stapel hout daaronder; laat dit sterk opborrel; ook moet die bene daarin kook.

6. Daarom, so sê die Here Here: Wee die bloedstad, die pot waar roes in is en waarvan die roes nie afgegaan het nie. Haal stuk vir stuk daaruit; geen lot is daaroor gewerp nie.

7. Want die stad se bloed is binne-in hom; op ’n kaal rots het hy dit neergesit; hy het dit nie op die grond uitgegooi om dit met stof te bedek nie.

8. Om grimmigheid te verwek, om wraak te neem, het Ek sy bloed op ’n kaal rots neergesit, dat dit nie toegemaak sou word nie.

9. Daarom, so sê die Here Here: Wee die bloedstad! Ék sal ook die houtstapel groot maak.

10. Dra baie hout aan, steek die vuur aan, maak gaar die vleis en roer die sous en laat die bene braai.

11. En laat dit leeg op sy kole staan, dat dit warm kan word en sy koper kan gloei en sy onreinheid kan smelt in hom — sy roes verteer kan word.

12. Dit het My met moeite oorlaai, en sy baie roes gaan nie van hom af nie. Sy roes moet die vuur in!

13. Oor jou skandelike onreinheid, omdat Ek jou gereinig het en jy nie rein geword het van jou onreinheid nie, sal jy nie meer rein word totdat Ek my grimmigheid teen jou tot rus gebring het nie.

14. Ek, die Here, het dit gespreek; dit kom, en Ek sal dit doen; Ek sal nie ophou nie en sal nie verskoon of berou hê nie; volgens jou wandel en jou handelinge sal hulle jou oordeel, spreek die Here Here.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 24