Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 20:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN in die sewende jaar, in die vyfde maand, op die tiende van die maand, het daar manne uit die oudstes van Israel gekom om die Here te raadpleeg; en hulle het voor my gaan sit.

2. Toe het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

3. Mensekind, spreek met die oudstes van Israel en sê vir hulle: So spreek die Here Here: Kom julle om My te raadpleeg? So waar as Ek leef, gewis, Ek laat my deur julle nie raadpleeg nie, spreek die Here Here.

4. Wil jy hulle oordeel, wil jy oordeel, mensekind? Maak hulle dan die gruwels van hulle vaders bekend,

Lees volledige hoofstuk Eségiël 20