Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 18:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VERDER het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

2. Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land van Israel, naamlik: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword?

3. So waar as Ek leef, spreek die Here Here, dit sal julle nie meer in die gedagte kom om hierdie spreekwoord in Israel te gebruik nie.

4. Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun — hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe.

5. Maar as iemand regverdig is en reg en geregtigheid doen;

6. nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel en die vrou van sy naaste nie verontreinig en nie naby ’n vrou kom as sy onrein is nie,

7. en niemand verdruk nie; wat hy vir skuld as pand geneem het, teruggee; geen roof pleeg nie; aan die wat honger het, sy brood gee en die wat naak is, met ’n kleed toedek;

Lees volledige hoofstuk Eségiël 18