Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 16:2-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Mensekind, maak aan Jerusalem sy gruwels bekend

3. en sê: So spreek die Here Here tot Jerusalem: Jou afkoms en jou geboorte is uit die land van die Kanaäniete; jou vader was ’n Amoriet en jou moeder ’n Hetitiese vrou.

4. En wat jou geboorte aangaan — die dag toe jy gebore is, is jou nawelstring nie afgesny nie; en jy is nie met water gewas om jou te reinig nie; ook is jy nie met sout ingevrywe of in doeke toegedraai nie.

5. Geen oog het medelyde met jou gehad om vir jou een van hierdie dinge te doen, om vir jou jammer te wees nie; maar jy is op die oop veld gegooi uit afsku vir jou lewe, die dag toe jy gebore is.

6. En Ek het by jou verbygegaan en jou sien spartel in jou bloed; toe het Ek vir jou gesê in jou bloed: Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef!

7. Ontelbaar, soos die uitspruitsels van die veld, het Ek jou gemaak! En jy het gegroei en groot geword en die hoogste bloei bereik; jou borste het styf geword, en jou hare het gegroei, maar jy was naak en bloot.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 16