Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 13:13-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Daarom, so spreek die Here Here: Ja, Ek sal ’n stormwind in my grimmigheid laat losbreek, en daar sal ’n oorstromende stortreën kom in my toorn en haelstene in grimmigheid tot vernietiging.

14. En Ek sal die muur afbreek wat julle met los kalk gepleister het, en dit op die grond gooi, sodat sy fondament blootgelê sal word; dan sal die stad val, en julle sal daarin omkom; en julle sal weet dat Ek die Here is.

15. En Ek sal my grimmigheid laat uitwoed teen die muur en teen hulle wat dit met los kalk gepleister het; en Ek sal vir julle sê: Weg is die muur! En weg is hulle wat dit gepleister het,

16. naamlik die profete van Israel wat profeteer aangaande Jerusalem en vir hom gesigte van vrede sien, terwyl daar geen vrede is nie, spreek die Here Here.

17. En jy, mensekind, rig jou aangesig teen die dogters van jou volk wat as profetesse optree uit hulle eie hart, en profeteer teen hulle

18. en sê: So spreek die Here Here: Wee die vroue wat bande vaswerk aan al die gewrigte van die hande en sluiers maak oor die hoof van allerhande mense, groot en klein, om siele te vang. Wil julle siele vang van my volk en siele vir julle voordeel in die lewe hou?

Lees volledige hoofstuk Eségiël 13