Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 12:17-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Daarna het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

18. Mensekind, jy moet jou brood met bewing eet en jou water met siddering en kommer drink.

19. En jy moet aan die mense van die land sê: So spreek die Here Here aangaande die inwoners van Jerusalem, in die land Israel: Hulle sal hul brood met kommer eet en hul water in stomme smart drink, sodat hulle land, van sy volheid beroof, woes sal lê vanweë die geweldpleging van almal wat daarin woon.

20. En die stede wat bewoon is, sal woes word, en die land sal ’n wildernis wees; en julle sal weet dat Ek die Here is.

21. EN die woord van die Here het tot my gekom en gesê:

22. Mensekind, wat is dit vir ’n spreekwoord wat julle het in die land van Israel, naamlik: Die dae gaan voort, en van al die gesigte kom niks nie.

23. Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here Here: Ek maak ’n einde aan hierdie spreekwoord, sodat hulle dit nie meer as spreekwoord in Israel sal gebruik nie. Maar sê vir hulle: Die dae is naby, en die woord van elke gesig.

24. Want daar sal geen bedrieglike gesig of vleiende waarsêery in die huis van Israel meer wees nie.

25. Want Ek, die Here, Ek sal spreek — wat Ek as woord spreek, dit sal gebeur; dit sal nie meer uitgestel word nie. Want in julle dae, o wederstrewige huis, sal Ek ’n woord spreek en dit uitvoer ook, spreek die Here Here.

26. Verder het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

27. Mensekind, kyk, die huis van Israel sê: Die gesig wat hy sien, is vir baie dae, en hy profeteer van tye wat ver is.

28. Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here Here: Geeneen van my woorde sal meer uitgestel word nie; wat Ek as woord spreek, dit sal gebeur, spreek die Here Here.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 12