Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 12:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VERDER het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

2. Mensekind, jy woon onder mense van die wederstrewige huis, wat oë het om te sien, maar nie sien nie; ore het om te hoor, maar nie hoor nie, want hulle is ’n wederstrewige huis.

3. Maar jy, mensekind, maak vir jou toebereidsels om in ballingskap te gaan, en gaan oordag in ballingskap voor hulle oë; vertrek soos ’n balling voor hulle oë, van jou woonplek af na ’n ander plek toe — miskien sal hulle dit sien, want hulle is ’n wederstrewige huis.

4. En jy moet jou goed oordag uitbring voor hulle oë soos die goed wat vir ’n ballingskap nodig is; maar self moet jy in die aand uitgaan voor hulle oë soos die wat in ballingskap uitgaan.

5. Breek vir jou ’n gat in die muur voor hulle oë, en bring dit daardeur uit.

6. Voor hulle oë moet jy dit op die skouer dra, in die pikdonker moet jy dit uitbring; jou aangesig moet jy bedek, sodat jy die land nie sien nie; want Ek maak jou tot ’n sinnebeeld vir die huis van Israel.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 12