Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 9:18-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Daarop het ek voor die aangesig van die Here neergeval, soos die eerste keer, veertig dae en veertig nagte lank — brood het ek nie geëet en water nie gedrink nie — vanweë al julle sonde wat julle begaan het deur te doen wat verkeerd is in die oë van die Here om Hom te terg.

19. Want ek was bang vir die toorn en die grimmigheid waarmee die Here op julle so toornig was, dat Hy julle wou verdelg; maar die Here het my dié keer ook verhoor.

20. Ook was die Here baie toornig op Aäron, sodat Hy hom wou verdelg; maar ek het ook vir Aäron in dié tyd gebid.

21. En ek het julle sonde, die kalf wat julle gemaak het, geneem en dit met vuur verbrand en dit stukkend gestamp en terdeë gemaal totdat dit so fyn soos stof was; en dié stof het ek in die stroom gegooi wat van die berg afkom.

22. Ook by Tabéra en by Massa en by Kibrot-Hattáäwa het julle elke keer die Here vertoorn.

23. En toe die Here julle uit Kades-Barnéa gestuur het met die woorde: Trek op en neem die land in besit wat Ek julle gegee het — was julle wederstrewig teen die bevel van die Here julle God en het julle Hom nie geglo en na sy stem nie geluister nie.

24. Wederstrewig was julle teen die Here van die dag af dat ek julle ken.

25. En ek het neergeval voor die aangesig van die Here, die veertig dae en veertig nagte wat ek neergeval het, omdat die Here gesê het dat Hy julle wou verdelg.

26. En ek het die Here gebid en gesê: Here, Here, stort u volk en u erfdeel wat U deur u grootheid verlos het, wat U uit Egipte deur ’n sterke hand uitgelei het, nie in die verderf nie.

27. Dink aan u knegte Abraham, Isak en Jakob; kyk nie na die hardheid van hierdie volk of na hulle goddeloosheid en hulle sonde nie,

28. sodat die land waar U ons uitgelei het, nie kan sê nie: Omdat die Here hulle nie kon bring in die land wat Hy hulle beloof het nie, en omdat Hy hulle haat, het Hy hulle uitgelei om hulle in die woestyn te laat sterwe!

29. Hulle is tog u volk en u erfdeel wat U deur u grote krag en u uitgestrekte arm uitgelei het.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 9