Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 9:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. HOOR, Israel, jy trek vandag deur die Jordaan om nasies in besit te gaan neem wat groter en sterker is as jy, stede wat groot en tot aan die hemel versterk is,

2. ’n groot volk van hoë gestalte, die kinders van die Enakiete, wat jy self ken en van wie jy hoor sê het: Wie kan standhou voor die kinders van Enak?

3. Weet dan vandag dat die Here jou God die Een is wat voor jou oortrek soos ’n verterende vuur. Hý sal hulle vernietig en hulle voor jou onderwerp, sodat jy hulle gou kan verdrywe en tot niet maak soos die Here jou beloof het.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 9