Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 6:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIT is dan die gebod, die insettinge en die verordeninge wat die Here julle God beveel het om julle te leer, sodat julle dit kan doen in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem;

2. dat jy die Here jou God kan vrees om al sy insettinge en sy gebooie wat ek jou beveel, te hou — jy en jou kind en jou kindskind al die dae van jou lewe; en dat jou dae verleng kan word.

3. Hoor dan, Israel, en onderhou dit sorgvuldig, dat dit met jou goed kan gaan en dat julle baie kan vermenigvuldig soos die Here die God van jou vaders jou beloof het, ’n land wat oorloop van melk en heuning.

4. Hoor, Israel, die Here onse God is ’n enige Here.

5. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.

6. En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;

7. en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.

8. Ook moet jy dit as ’n teken bind op jou hand, en dit moet as ’n voorhoofsband tussen jou oë wees.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 6