Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 5:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Moses het die hele Israel laat roep en vir hulle gesê: Hoor, Israel, die insettinge en die verordeninge wat ek vandag voor julle ore uitspreek; julle moet dit leer en dit sorgvuldig hou.

2. Die Here onse God het by Horeb met ons ’n verbond gesluit.

3. Met ons vaders het die Here hierdie verbond nie gesluit nie, maar met ons self, ons wat hier vandag almal in die lewe is.

4. Van aangesig tot aangesig het die Here op die berg uit die vuur met julle gespreek —

5. ek het in dié tyd tussen die Here en julle gestaan om aan julle die woord van die Here bekend te maak, want julle was bevrees vir die vuur en het nie op die berg geklim nie — en Hy het gesê:

6. Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

7. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

8. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 5