Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 4:39-45 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

39. daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die Here God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.

40. En jy moet sy insettinge en sy gebooie hou wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan, en dat jy die dae mag verleng in die land wat die Here jou God jou vir altyd sal gee.

41. TOE het Moses drie stede afgesonder oos van die Jordaan, teen sonop,

42. sodat hy wat ’n doodslag begaan het, daarheen kon vlug, wat sy naaste sonder opset doodgeslaan het, terwyl hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie; sodat hy in een van hierdie stede kan vlug en in die lewe bly.

43. Beser in die woestyn, in die landstreek van die gelykveld, vir die Rubeniete; en Ramot in Gílead vir die Gadiete; en Golan in Basan vir die Manassiete.

44. EN dit is die wet wat Moses die kinders van Israel voorgehou het.

45. Dit is die getuienisse en die insettinge en die verordeninge wat Moses meegedeel het aan die kinders van Israel by hulle uittog uit Egipte,

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 4