Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 4:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. LUISTER dan nou, Israel, na die insettinge en die verordeninge wat ek julle leer om te doen, sodat julle mag lewe en inkom en die land wat die Here, die God van julle vaders, aan julle sal gee, in besit mag neem.

2. Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die Here julle God mag onderhou, wat ek julle beveel.

3. Julle oë het gesien wat die Here weens Baäl-Peor gedoen het; want al die manne wat agter Baäl-Peor aan geloop het, dié het die Here jou God onder jou uit verdelg.

4. Julle daarenteen wat die Here julle God aangehang het, is vandag nog almal in die lewe.

5. Kyk, ek het julle insettinge en verordeninge geleer soos die Here my God my beveel het, om so te handel in die land waarheen julle gaan om dit in besit te neem.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 4