Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 32:37-43 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

37. Dan sal Hy sê: Waar is hulle gode, die steenrots waarin hulle toevlug geneem het,

38. wat die vet van hulle slagoffers geëet het, die wyn van hulle drankoffer gedrink het? Laat hulle opstaan en julle help, dat daar oor julle ’n beskerming kan wees!

39. Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie.

40. Want Ek sal my hand na die hemel ophef en sê: So waar as Ek ewig leef —

41. as Ek my glinsterende swaard skerp gemaak het en my hand na die strafgerig gryp, sal Ek wraak oefen op my teëstanders en my haters vergelde.

42. Ek sal my pyle dronk maak van bloed, en my swaard sal vlees eet: van die bloed van hom wat verslaan en gevang is, van die kop van die vyand se aanvoerders.

43. Jubel, o nasies, oor sy volk, want Hy sal die bloed van sy knegte wreek, en Hy sal wraak oefen op sy teëstanders en versoening doen vir sy land en sy volk.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 32