Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 27:16-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder verag; en die hele volk moet sê: Amen.

17. Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verlê; en die hele volk moet sê: Amen.

18. Vervloek is hy wat ’n blinde op die dwaalweg lei; en die hele volk moet sê: Amen.

19. Vervloek is hy wat die reg van vreemdeling, wees en weduwee verdraai; en die hele volk moet sê: Amen.

20. Vervloek is hy wat met die vrou van sy vader gemeenskap het, want hy het die kombers van sy vader opgelig; en die hele volk moet sê: Amen.

21. Vervloek is hy wat met enige dier gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.

22. Vervloek is hy wat met sy suster, die dogter van sy vader of die dogter van sy moeder, gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.

23. Vervloek is hy wat met sy skoonmoeder gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.

24. Vervloek is hy wat sy naaste in die geheim doodslaan; en die hele volk moet sê: Amen.

25. Vervloek is hy wat ’n omkoopgeskenk aanneem om ’n persoon — onskuldige bloed — dood te slaan; en die hele volk moet sê: Amen.

26. Vervloek is hy wat die woorde van hierdie wet nie hou om dit te doen nie; en die hele volk moet sê: Amen.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 27