Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 25:9-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. dan moet sy skoonsuster voor die oë van die oudstes na hom toe nader kom en sy skoen van sy voet aftrek en in sy gesig spuug, en sy moet verklaar en sê: So moet met die man gedoen word wat die huis van sy broer nie wil bou nie.

10. En sy naam moet in Israel genoem word: Die huis van die kaalvoet.

11. As manne met mekaar veg, die een met die ander, en die een se vrou aankom om haar man te red uit die hand van die een wat hom slaan, en haar hand uitsteek en hom by die skaamdele gryp,

12. dan moet jy haar hand afkap; jou oog mag nie verskoon nie.

13. JY mag nie twee soorte weegstene, ’n grote en ’n kleintjie, in jou sak hê nie.

14. Jy mag in jou huis nie twee soorte efas, ’n grote en ’n kleintjie, hê nie.

15. Jy moet ’n volle en regte gewig hê; jy moet ’n volle en regte efa hê; sodat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God jou sal gee.

16. Want almal wat hierdie dinge doen, is ’n gruwel vir die Here jou God — almal wat onreg doen.

17. DINK aan wat Ámalek op die pad by julle uittog uit Egipte aan jou gedoen het,

18. hoe hy jou op die pad teëgekom het en by jou die agterhoede, al die swakkes agter jou, verslaan het terwyl jy moeg en mat was, en hy God nie gevrees het nie.

19. As dan die Here jou God vir jou rus gee van al jou vyande rondom, in die land wat die Here jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem, dan moet jy die gedagtenis van Ámalek onder die hemel uitdelg; vergeet dit nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 25