Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 21:1-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. AS hulle in die land wat die Here jou God jou sal gee om dit in besit te neem, een vind wat dood in die veld lê, sonder dat dit bekend is wie hom gedood het,

2. dan moet jou oudstes en jou regters uitgaan en die afstand meet na die stede wat rondom die een lê wat gedood is.

3. En die stad wat die naaste lê aan hom wat gedood is — die oudstes van dié stad moet ’n jong koei neem waarmee nie gewerk is nie, wat nie in ’n juk getrek het nie.

4. En die oudstes van dié stad moet die koei afbring in ’n dal met standhoudende water waarin nie gewerk of gesaai word nie; en hulle moet daar in die dal die koei se nek breek.

5. Dan moet die priesters, die seuns van Levi, aankom; want die Here jou God het hulle uitverkies om Hom te dien en om in die Naam van die Here te seën, en volgens hulle uitspraak moet elke saak van twis en verwonding afgehandel word.

6. En al die oudstes van dié stad wat die naaste woon aan hom wat gedood is, moet hulle hande was oor die koei waarvan die nek in die dal gebreek is;

7. en hulle moet verklaar en sê: Ons hande het hierdie bloed nie vergiet nie, en ons oë het dit nie gesien nie.

8. Doen versoening vir u volk Israel wat U, o Here, verlos het, en laat geen onskuldige bloed op u volk Israel rus nie, en laat die bloedskuld vir hulle versoen word.

9. En jy sal die onskuldige bloed uit jou midde verwyder as jy doen wat reg is in die oë van die Here.

10. AS jy na die oorlog uittrek teen jou vyande en die Here jou God hulle in jou hand gee en jy hulle gevangenes wegvoer,

11. en jy onder die gevangenes ’n vrou sien wat skoon van gestalte is, en jy haar liefkry en haar as vrou vir jou neem,

12. dan moet jy haar in jou huis inbring; en sy moet haar hoof skeer en haar naels knip.

13. En sy moet die klere waarin sy weggevoer is, uittrek en in jou huis bly en haar vader en haar moeder ’n maand lank beween; en daarna kan jy by haar ingaan en met haar trou, en sy sal jou vrou wees.

14. En as jy geen behae in haar het nie, moet jy haar volgens haar begeerte laat gaan; maar jy mag haar glad nie vir geld verkoop nie; jy mag haar nie hard behandel nie, omdat jy haar onteer het.

15. AS ’n man twee vroue het, een wat hy liefhet en een wat hy nie liefhet nie, en hulle baar vir hom seuns, sowel die geliefde as die nie-geliefde vrou, en die eersgebore seun behoort aan die nie-geliefde vrou,

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 21