Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 18:14-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die Here jou God het jou nie so iets toegelaat nie.

15. ’n PROFEET uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die Here jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister —

16. net soos jy van die Here jou God by Horeb gevra het toe jy op die dag van die vergadering gesê het: Ek kan die stem van die Here my God nie langer hoor en hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sterf ek.

17. Toe het die Here vir my gesê: Dit is goed wat hulle gespreek het.

18. ’n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel.

19. En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.

20. Maar die profeet wat so vermetel is om ’n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, dié profeet moet sterwe.

21. En as jy in jou hart sê: Hoe sal ons die woord weet wat die Here nie gespreek het nie? —

22. as die profeet in die Naam van die Here spreek, en wat hy gesê het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dit die woord wat die Here nie gespreek het nie; deur vermetelheid het die profeet dit gespreek; jy mag vir hom nie bang wees nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 18