Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 13:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. AS ’n profeet of een wat as dromer optree, by jou opstaan en jou ’n teken of wonder aankondig,

2. en die teken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde: Laat ons agter ander gode aan loop — wat jy nie geken het nie — en hulle dien,

3. dan moet jy nie luister na die woorde van dié profeet of na dié man wat as dromer optree nie; want die Here julle God beproef julle om te weet of julle werklik die Here julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel.

4. Julle moet die Here julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 13