Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 11:17-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. en die toorn van die Here teen julle ontvlam en Hy die hemel toesluit, sodat daar geen reën is en die aarde sy opbrings nie gee nie, en julle gou uit die goeie land omkom wat die Here julle gee.

18. Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as ’n teken op julle hand en laat dit as ’n voorhoofsband tussen julle oë wees,

19. en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan;

20. en skryf dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte,

21. sodat julle dae en die dae van julle kinders in die land wat die Here aan julle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee, kan vermenigvuldig soos die dae van die hemel bo-oor die aarde.

22. Want as julle ywerig al hierdie gebooie hou wat ek julle beveel, om dit te doen deur die Here julle God lief te hê, in al sy weë te wandel en Hom aan te hang,

23. dan sal die Here al hierdie nasies voor julle uit verdrywe, en julle sal groter en magtiger nasies as julle uit hulle besitting verdrywe.

24. Elke plek waar julle voetsool op trap, sal aan julle behoort; van die woestyn en die Líbanon, van die rivier, die Eufraatrivier, tot by die Westelike See sal julle grondgebied wees.

25. Niemand sal teen julle standhou nie; die Here julle God sal die skrik en vrees vir julle oor die hele land laat kom waarop julle sal loop, soos Hy julle beloof het.

26. Kyk, ek hou julle vandag seën en vloek voor —

27. die seën as julle luister na die gebooie van die Here julle God wat ek julle vandag beveel;

28. en die vloek as julle nie luister na die gebooie van die Here julle God nie, maar afwyk van die weg wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie.

29. As dan die Here jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, moet jy die seën op die berg Gerísim lê en die vloek op die berg Ebal.

30. Lê hulle nie oorkant die Jordaan, agter die pad in die weste, in die land van die Kanaäniete wat in die Vlakte woon, teenoor Gilgal, by die terpentynbome van More nie?

31. Want julle trek deur die Jordaan om die land in besit te gaan neem wat die Here julle God aan julle sal gee; en julle sal dit in besit neem en daarin woon.

32. Onderhou dan sorgvuldiglik al die insettinge en die verordeninge wat ek julle vandag voorhou.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 11