Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 10:1-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN dié tyd het die Here vir my gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes en klim op die berg na My toe; maak vir jou ook ’n ark van hout.

2. En Ek sal op die tafels skrywe die woorde wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het; en jy moet dit in die ark sit.

3. Toe het ek ’n ark van akasiahout gemaak en twee kliptafels soos die eerstes gekap en op die berg geklim met die twee tafels in my hand.

4. En Hy het op die tafels, volgens die eerste skrif, die tien woorde geskrywe wat die Here op die dag van die vergadering by die berg uit die vuur met julle gespreek het; en die Here het dit aan my gegee.

5. En ek het omgedraai en van die berg afgeklim en die tafels in die ark gesit wat ek gemaak het; en dit was daar, soos die Here my beveel het.

6. En die kinders van Israel het van Béërot Bené-Jáäkan weggetrek na Moséra toe. Daar het Aäron gesterwe, en daar is hy begrawe; en sy seun Eleásar het die priesteramp in sy plek bedien.

7. Daarvandaan het hulle weggetrek na Gudgod, en van Gudgod na Jotbat, ’n land van waterstrome.

8. In dié tyd het die Here die stam van Levi afgesonder om die verbondsark van die Here te dra, om voor die aangesig van die Here in sy diens te staan en in sy Naam te seën tot vandag toe.

9. Daarom het Levi geen deel of erfenis saam met sy broers nie; die Here is sy erfdeel, soos die Here jou God hom beloof het.

10. EN ék het op die berg gestaan soos die vorige dae, veertig dae en veertig nagte lank; en die Here het my ook dié keer verhoor; die Here wou jou nie in die verderf stort nie.

11. Maar die Here het vir my gesê: Staan op, gaan heen om voor die volk uit verder te trek, dat hulle kan inkom en die land in besit neem wat Ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee.

12. En nou, Israel, wat eis die Here jou God van jou as net om die Here jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die Here jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel,

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 10