Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 8:20-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. Die ram wat jy gesien het met die twee horings, is die konings van die Meders en die Perse.

21. En die harige bok is die koning van Griekeland; en die groot horing wat tussen sy oë was, dit is die eerste koning.

22. En dat dit gebreek is en vier in sy plek ontstaan het — vier koninkryke sal uit sy volk ontstaan, maar nie met sy krag nie.

23. Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat volgemaak het, sal ’n koning optree, hard van aangesig en wat listige streke verstaan.

24. En sy krag sal sterk word, maar nie deur sy krag nie; en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer; en hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges.

25. En op grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig, ja, optree teen die Vors van die vorste, maar hy sal sonder toedoen van mensehand verbreek word.

26. En die gesig van die aande en die môres waarvan gespreek is, dit is waarheid; en jý, hou die gesig geheim, want dit sien op ’n verre toekoms.

27. En ek, Daniël, was gedaan en was dae lank siek; daarna het ek opgestaan en die werk van die koning gedoen; en ek was verstom oor die gesig, maar niemand het dit gemerk nie.

Lees volledige hoofstuk Daniël 8