Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 3:4-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. En ’n uitroeper het hardop geroep: Julle word aangesê, o volke, nasies en tale,

5. sodra julle die geluid hoor van horing, fluit, siter, luit, harp, doedelsak en van allerhande musiekinstrumente, moet julle neerval en die goue beeld aanbid wat koning Nebukadnésar opgerig het.

6. En hy wat nie neerval en aanbid nie, sal op die daad binne-in die brandende vuuroond gegooi word.

7. Daarom het, op die oomblik toe al die volke die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en van allerhande musiekinstrumente hoor, al die volke, nasies en tale neergeval en die goue beeld aanbid wat koning Nebukadnésar opgerig het.

8. Op grond daarvan het tegelykertyd Chaldeeuse manne nader gekom en die Jode aangeklaag.

9. Daarop het hulle met koning Nebukadnésar gespreek en gesê: Mag die koning vir ewig lewe!

10. U, o koning, het ’n bevel gegee dat elke mens wat die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, moet neerval en die goue beeld aanbid;

11. en dat hy wat nie neerval en aanbid nie, binne-in die brandende vuuroond gegooi moet word.

Lees volledige hoofstuk Daniël 3