Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 5:6-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Soek die Here, dan sal julle lewe, sodat Hy nie teen die huis van Josef uitbreek soos ’n vuur wat verteer sonder dat iemand dit vir Bet-el kan blus nie.

7. Julle wat die reg in wildeals verander en die geregtigheid teen die grond gooi!

8. Hy wat die Sewe-ster en die Oríon gemaak het en die duisternis in môrelig verander en die dag tot nag verduister, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die oppervlakte van die aarde — Here is sy Naam!

9. Hy wat verwoesting laat aanblits oor die sterke, en verwoesting kom oor die vesting!

10. Hulle haat die man wat in die poort die reg handhaaf, en hulle het ’n afsku van hom wat in opregtheid spreek.

11. Daarom, omdat julle die arm man vertrap en van hom ’n heffing van koring neem, het julle huise van gekapte klippe gebou, maar julle sal nie daarin woon nie; julle het pragtige wingerde geplant, maar julle sal die wyn daarvan nie drink nie.

12. Want Ek weet dat julle oortreding menigvuldig en julle sondes geweldig is, julle wat die vyande is van die regverdige, wat omkoopgeld aanneem en die behoeftiges wegstoot in die poort.

13. Daarom swyg die verstandige in so ’n tyd, want dit is ’n onheilspellende tyd.

14. Soek wat goed is, en nie wat sleg is nie, sodat julle kan lewe en die Here, die God van die leërskare, só met julle kan wees soos julle sê.

Lees volledige hoofstuk Amos 5