Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 8:7-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. En Dawid het die goue skilde geneem wat die dienaars van Hadadéser gedra het, en dit na Jerusalem gebring.

8. En uit Bétag en uit Berotái, stede van Hadadéser, het koning Dawid ontsaglik veel koper weggeneem.

9. Toe Toï, die koning van Hamat, hoor dat Dawid die hele leërmag van Hadadéser verslaan het,

10. stuur Toï sy seun Joram na koning Dawid om hom na die welstand te vra en hom geluk te wens, omdat hy teen Hadadéser geveg en hom verslaan het — want Hadadéser het gedurig oorlog gevoer met Toï — en in sy hand was silwer- en goue en kopervoorwerpe.

11. Dit het koning Dawid ook aan die Here geheilig, saam met die silwer en die goud wat hy geheilig het van al die nasies wat hy onderwerp het:

12. van die Arameërs en die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete en van die buit van Hadadéser, die seun van Rehob, die koning van Soba.

13. En Dawid het naam gemaak toe hy, by sy terugkoms van die neerlaag van die Arameërs, in die Soutdal agttienduisend Edomiete verslaan het.

14. En Dawid het wagposte in Edom uitgesit, in die hele Edom het hy wagposte uitgesit, en al die Edomiete het Dawid se knegte geword; en die Here het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 8