Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 8:5-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. En die Arameërs van Damaskus het gekom om Hadadéser, die koning van Soba, te help; maar Dawid het onder die Arameërs twee-en-twintigduisend man verslaan.

6. En Dawid het wagposte in Aram-Damaskus uitgesit, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en die Here het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.

7. En Dawid het die goue skilde geneem wat die dienaars van Hadadéser gedra het, en dit na Jerusalem gebring.

8. En uit Bétag en uit Berotái, stede van Hadadéser, het koning Dawid ontsaglik veel koper weggeneem.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 8