Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 3:36-39 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

36. En die hele volk het dit opgemerk, en dit was goed in hulle oë: soos alles wat die koning gedoen het, was dit goed in die oë van die hele volk.

37. En die hele volk en die hele Israel het dieselfde dag gemerk dat dit nie van die koning gekom het om Abner, die seun van Ner, dood te maak nie.

38. Verder het die koning aan sy dienaars gesê: Weet julle nie dat vandag ’n vors en ’n groot man in Israel geval het nie?

39. Maar ek is vandag swak, alhoewel ek as koning gesalf is, terwyl hierdie manne, die seuns van Serúja, harder is as ek. Mag die Here die kwaaddoener vergelde na sy boosheid!

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 3