Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 23:10-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. het hy opgestaan en onder die Filistyne geslaan totdat sy hand moeg geword en sy hand aan die swaard gekleef het, sodat die Here daardie dag ’n groot oorwinning bewerk het. En die manskappe het teruggekom agter hom aan net om te buit.

11. En ná hom was Samma, die seun van Age, die Harariet. Toe die Filistyne by Legi bymekaarkom, waar ’n stuk land was vol lensies en die volk vir die Filistyne gevlug het,

12. het hy hom opgestel in die middel van die stuk land en dit afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat die Here ’n groot oorwinning bewerk het.

13. En drie van die dertig hoofde het afgetrek en teen die oestyd by Dawid by die spelonk van Adúllam aangekom, terwyl ’n hoop Filistyne in die laer staan in die dal Refáim.

14. En Dawid was toe in die bergvesting; en ’n besetting van die Filistyne was toe in Betlehem.

15. En Dawid het ’n begeerte voel opkom en gesê: Wie sal vir my water gee om te drink uit die put van Betlehem wat by die poort is?

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 23