Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 2:1-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN daarna het Dawid die Here geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek in een van die stede van Juda? En die Here het hom geantwoord: Trek op. Toe sê Dawid: Waarheen moet ek optrek? En Hy antwoord: Na Hebron.

2. En Dawid het daarheen opgetrek, en ook sy twee vroue, Ahínoam uit Jísreël, en Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet.

3. Dawid het ook sy manne wat by hom was, laat optrek, elkeen met sy huisgesin, en hulle het in die stede van Hebron gaan woon.

4. Daarna het die manne van Juda gekom en Dawid daar as koning oor die huis van Juda gesalf. Toe hulle aan Dawid meedeel en sê: Dit is die manne van Jabes in Gílead wat Saul begrawe het,

5. stuur Dawid boodskappers na die manne van Jabes in Gílead om aan hulle te sê: Mag julle geseënd wees deur die Here, dat julle hierdie guns bewys het aan julle heer, aan Saul, en hom begrawe het.

6. Mag die Here julle dan nou guns en trou bewys, en ek self bewys ook hierdie goedheid aan julle, omdat julle hierdie ding gedoen het.

7. En nou, laat julle hande sterk wees, en wees wakker manne; want julle heer Saul is dood. Daarby het die huis van Juda my ook as koning oor hulle gesalf.

8. Maar Abner, die seun van Ner, die leërowerste van Saul, het Isbóset, die seun van Saul, geneem en hom oorgebring na Mahanáim

9. en hom koning gemaak oor Gílead en oor die Asuriete en oor Jísreël en oor Efraim en oor Benjamin en oor die hele Israel.

10. Veertig jaar oud was Isbóset, die seun van Saul, toe hy koning geword het oor Israel, en hy het twee jaar geregeer; net die huis van Juda het Dawid gevolg.

11. En die getal dae wat Dawid koning was in Hebron oor die huis van Juda, was sewe jaar en ses maande.

12. EN Abner, die seun van Ner, met die dienaars van Isbóset, die seun van Saul, het uitgetrek uit Mahanáim na Gíbeon.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 2