Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 15:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN daarna het Absalom vir hom ’n wa en perde aangeskaf en vyftig man om voor hom uit te loop.

2. Verder het Absalom gereeld vroeg opgestaan en langs die pad na die poort gaan staan; en Absalom het elkeen wat ’n saak gehad het om na die koning te kom vir regspraak, aangeroep en gesê: Uit watter stad is jy? As hy dan antwoord: U dienaar is uit een van die stamme van Israel —

3. dan sê Absalom vir hom: Kyk, jou saak is goed en reg, maar van die koning se kant sal niemand jou gehoor gee nie.

4. Verder het Absalom gesê: Mag hulle my as regter in die land aanstel, dat elkeen wat ’n geskil of regsaak het, na mý kan kom; dan sal ék aan hom reg laat geskied.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 15