Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 11:22-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. En die boodskapper het gegaan en aangekom en aan Dawid alles vertel wat Joab hom opgedra het.

23. Die boodskapper het naamlik aan Dawid gesê: Die manne was vir ons te sterk en het teen ons uitgetrek die veld in, maar ons het hulle teruggedruk tot by die ingang van die poort.

24. Toe het die boogskutters bo van die muur af op u dienaars geskiet, sodat daar van die koning se dienaars gesterf het, en u dienaar Uría, die Hetiet, is ook dood.

25. Daarop het Dawid aan die boodskapper gesê: So moet jy aan Joab sê: Laat hierdie saak nie so verkeerd wees in jou oë nie, want die swaard verteer die een sowel as die ander; veg net dapper teen die stad en verwoes dit. So moet jy hom moed inpraat.

26. Toe die vrou van Uría hoor dat haar man Uría dood was, het sy gerouklaag oor haar heer.

27. Nadat die routyd verby was, het Dawid gestuur en haar in sy huis opgeneem; en sy het sy vrou geword en vir hom ’n seun gebaar. Maar die ding wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die oë van die Here.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 11