Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 4:10-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. En die see het hy aan die suidekant opgestel, teen die ooste na die suide toe.

11. Verder het Huram die potte en die skoppe en die komme gemaak; en Huram het die werk voltooi wat hy vir koning Salomo in die huis van God gedoen het:

12. twee pilare met die bolle en die kapitele op die top van die twee pilare en die twee stukke vlegwerk om die twee bolle van die kapitele wat op die top van die pilare was, te bedek;

13. en die vierhonderd granaatjies vir die twee stukke vlegwerk, twee rye granaatjies vir elke vlegwerk om die twee bolle van die kapitele bo-op die pilare te oordek.

14. En hy het die afspoelwaentjies gemaak en die bakke op die afspoelwaentjies gemaak;

15. en die een see en die twaalf beeste daaronder;

16. en die potte en die skoppe en die vurke en al die daarby behorende gereedskap het Huram Abiw vir koning Salomo ten behoewe van die huis van die Here van gepolyste koper gemaak.

17. In die Jordaanstreek waar die grond diep was, tussen Sukkot en Seréda, het die koning dit gegiet.

18. En Salomo het al hierdie voorwerpe in ’n oorgroot menigte gemaak, want die gewig van die koper was onberekenbaar.

19. En Salomo het al die voorwerpe gemaak wat in die huis van God was: die goue altaar en die tafels waar die toonbrode op moes lê,

20. en die kandelaars met hulle lampe om volgens voorskrif voor die binneste vertrek te brand, van fyn goud,

21. en die blomwerk en die lampe en die snuiters van goud; dit was die suiwerste goud;

22. en die messe en die komme en die rookpanne en die vuurpanne van fyn goud; en wat die ingang van die huis betref, die binnedeure daarvan na die Allerheiligste en die deure van die huis na die hoofvertrek was van goud.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 4