Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 3:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Salomo het die huis van die Here begin bou in Jerusalem op die berg Moría waar Hy aan sy vader Dawid verskyn het, op die plek wat Dawid reggemaak het op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet.

2. En hy het begin bou in die tweede maand, op die tweede dag, in die vierde jaar van sy regering.

3. En dit is die grondplan van Salomo vir die bou van die huis van God: die lengte, in elle volgens die ou maat, sestig el, en die breedte twintig el.

4. En die voorportaal voor die huis — die lengte daarvan voor op die breedte van die huis was twintig el en die hoogte twintig el; en binnekant het hy dit met suiwer goud oorgetrek.

5. En die groot vertrek het hy met sipreshout oordek en dit met goeie goud oorgetrek en daar palmbome en kettings op aangebring.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 3