Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 28:7-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. En Sigri, ’n held van Efraim, het Maäséja, die seun van die koning, en Asríkam, die bevelhebber van die paleis, en Élkana, die tweede onder die koning, gedood.

8. En die kinders van Israel het van hulle broers tweehonderdduisend vroue, seuns en dogters as gevangenes weggevoer, en ook ’n groot buit van hulle geroof en die buit na Samaría gebring.

9. En daar was ’n profeet van die Here met die naam van Oded; en hy het uitgegaan om die leër te ontmoet wat aan kom was na Samaría, en aan hulle gesê: Kyk, deur die grimmigheid van die Here, die God van julle vaders, oor Juda het Hy hulle in julle hand oorgegee, sodat julle onder hulle gemoor het met ’n woede wat tot aan die hemel raak.

10. En nou dink julle om die kinders van Juda en Jerusalem aan julle as slawe en slavinne onderdanig te maak. Wat julle betref, is daar nie by julle net skulde teenoor die Here julle God nie?

11. Luister dan nou na my en laat die gevangenes wat julle van jul broers weggevoer het, teruggaan; want die toorngloed van die Here is op julle!

12. Toe het daar manne uit die hoofde van die kinders van Efraim opgetree teen die wat uit die stryd kom: Asárja, die seun van Jóhanan, Berégja, die seun van Mesíllemot, en Jehiskía, die seun van Sallum, en Amása, die seun van Hádlai,

13. en aan hulle gesê: Julle mag die gevangenes nie hierheen bring nie; want julle dink om by ons sondes en by ons skuld nog by te voeg, sodat ons skuldig sou staan voor die Here; want ons skuld is groot, en die toorngloed is oor Israel.

14. Die gewapendes het toe die gevangenes en die buit voor die owerstes en die hele vergadering losgelaat.

15. En die manne wat met hulle naam aangewys was, het opgestaan en die gevangenes ondersteun en al die naaktes onder hulle uit die buit klere aangetrek; en hulle het aan hulle klere en skoene gegee en hulle laat eet en drink en hulle gesalf en almal wat moeg was, op esels vervoer en na Jérigo, die palmstad, by hul broers gebring; daarna het hulle na Samaría teruggegaan.

16. In dieselfde tyd het koning Agas na die konings van Assirië gestuur dat hulle hom moet help.

17. Bowendien het ook die Edomiete gekom en Juda verslaan en gevangenes weggevoer.

18. Ook die Filistyne het plundertogte onderneem teen die stede van die Laeveld en die Suidland van Juda; en hulle het ingeneem: Bet-Semes en Ájalon en Géderot en Sogo met sy onderhorige plekke en Timna met sy onderhorige plekke en Gimso met sy onderhorige plekke, en daarin gaan woon;

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 28