Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 28:2-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Maar hy het gewandel in die weë van die konings van Israel en selfs gegote beelde vir die Baäls gemaak.

3. Hy het self ook offerrook in die dal van die seun van Hinnom laat opgaan en sy seuns met vuur verbrand, volgens die gruwels van die nasies wat die Here voor die kinders van Israel uit verdryf het.

4. Hy het ook geoffer en rook laat opgaan op die hoogtes en op die heuwels en onder elke groen boom.

5. Daarom het die Here sy God hom oorgegee in die hand van die koning van Aram, en hulle het hom verslaan en ’n groot menigte gevangenes van hom weggevoer en na Damaskus gebring. En hy is ook oorgegee in die hand van die koning van Israel, en dié het hom verslaan, ’n groot slag.

6. Peka, die seun van Remália, het naamlik in Juda op een dag honderd-en-twintig duisend gedood, almal dapper manne, omdat hulle die Here, die God van hulle vaders, verlaat het.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 28