Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 25:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VYF-EN-TWINTIG jaar oud, het Amásia koning geword, en hy het negen-en-twintig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Joáddan, van Jerusalem.

2. En hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here, maar nie met ’n volkome hart nie.

3. En toe die koninklike mag in sy besit was, het hy sy dienaars, die moordenaars van sy vader, die koning, gedood;

4. hulle kinders ewenwel het hy nie gedood nie, maar gedoen soos geskrywe is in die wet, in die boek van Moses, waar die Here dít beveel het: Die vaders moet nie vir die kinders sterwe, en die kinders moet nie vir die vaders sterwe nie; maar hulle moet elkeen vir sy eie sonde sterwe.

5. En Amásia het Juda bymekaar laat kom en hulle opgestel volgens die families, volgens die owerstes oor duisend en volgens die owerstes oor honderd, die hele Juda en Benjamin, en hy het hulle gemonster van twintig jaar oud en daarbo, en bevind dat hulle driehonderdduisend uitgesoektes was wat op kommando moes uittrek, wat spies en skild hanteer.

6. Ook het hy uit Israel honderdduisend dapper helde vir honderd talente silwer gehuur.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 25