Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 12:10-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Toe maak koning Rehábeam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die ingang van die koning se huis bewaak.

11. So dikwels as die koning in die huis van die Here ingaan, kom die hardlopers en dra dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers.

12. Maar weens sy verootmoediging het die toorn van die Here van hom gewyk, sodat Hy hom nie geheel en al vernietig het nie; ook was daar in Juda nog goeie dinge.

13. En koning Rehábeam het hom versterk in Jerusalem en geregeer; want Rehábeam was een-en-veertig jaar oud toe hy koning geword het, en het sewentien jaar geregeer in Jerusalem, die stad wat die Here uit al die stamme van Israel verkies het om sy Naam daar te vestig; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese.

14. En hy het gedoen wat verkeerd was, want hy het nie sy hart gerig om die Here te soek nie.

15. En die geskiedenis van Rehábeam, die vroeëre en die latere, is dit nie beskrywe in die Geskiedenis van die profeet Semája en van die siener Iddo, volgens geslagsregister nie? En daar was gedurigdeur oorloë tussen Rehábeam en Jeróbeam.

16. En Rehábeam het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Abía het in sy plek koning geword.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 12