Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 1:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Salomo, die seun van Dawid, het hom versterk in sy koningskap; en die Here sy God was met hom en het hom uitermate groot gemaak.

2. En Salomo het met die hele Israel gespreek, met die owerstes oor duisend en oor honderd en met die regters en met elke vors in die hele Israel, die familiehoofde;

3. en hulle het gegaan, Salomo en die hele vergadering saam met hom, na die hoogte wat by Gíbeon is; want daar was die tent van samekoms van God wat Moses, die kneg van die Here, in die woestyn gemaak het.

4. Maar Dawid het die ark van God uit Kirjat-Jeárim laat bring na die plek wat Dawid daarvoor ingerig het; want hy het daarvoor ’n tent in Jerusalem opgeslaan.

5. Ook die koperaltaar wat Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, gemaak het, was daar voor die tabernakel van die Here; en Salomo en die vergadering het dit besoek.

6. En Salomo het daar op die koperaltaar wat by die tent van samekoms behoort het, voor die aangesig van die Here geoffer en daarop duisend brandoffers gebring.

7. In dieselfde nag het God aan Salomo verskyn en aan hom gesê: Begeer wat Ek jou moet gee.

8. En Salomo het tot God gespreek: Ú het aan my vader Dawid ’n groot guns bewys en my in sy plek koning gemaak.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 1