Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 7:17-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. En die koning het die adjudant op wie se arm hy geleun het, oor die poort aangestel; maar die volk het hom in die poort vertrap, sodat hy gesterf het volgens die woord van die man van God, deur hom uitgespreek toe die koning na hom afgekom het.

18. Want toe die man van God met die koning gespreek en gesê het: Môre omtrent sulke tyd sal twee mate gars ’n sikkel, en ’n maat fynmeel ’n sikkel werd wees in die poort van Samaría —

19. het die adjudant die man van God geantwoord en gesê: Al maak die Here ook vensters in die hemel, sou so iets kan gebeur? En hy het gesê: Kyk, jy sal dit met jou oë sien, maar nie daarvan eet nie.

20. En so het dit met hom gegaan — die mense het hom in die poort vertrap, sodat hy gesterf het.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 7