Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 7:13-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Maar een van sy dienaars antwoord en sê: Laat hulle dan tog vyf van die perde wat hier oorgebly het, neem — kyk, hulle is soos die hele menigte van Israel wat hier oor is; kyk, hulle is soos die hele menigte van Israel wat omgekom het — laat ons dié dan stuur en sien.

14. Hulle neem toe twee strydwaens met perde; en die koning het agter die leër van die Arameërs aan gestuur en gesê: Gaan kyk.

15. En hulle het agter hulle aan gegaan tot by die Jordaan; en kyk, die hele pad was vol klere en voorwerpe wat die Arameërs in hulle oorhaastige vlug weggegooi het. Daarop draai die boodskappers om en deel dit aan die koning mee.

16. Toe gaan die volk uit om die laer van die Arameërs te plunder; en ’n maat fynmeel het ’n sikkel gekos, en twee mate gars ’n sikkel, volgens die woord van die Here.

17. En die koning het die adjudant op wie se arm hy geleun het, oor die poort aangestel; maar die volk het hom in die poort vertrap, sodat hy gesterf het volgens die woord van die man van God, deur hom uitgespreek toe die koning na hom afgekom het.

18. Want toe die man van God met die koning gespreek en gesê het: Môre omtrent sulke tyd sal twee mate gars ’n sikkel, en ’n maat fynmeel ’n sikkel werd wees in die poort van Samaría —

19. het die adjudant die man van God geantwoord en gesê: Al maak die Here ook vensters in die hemel, sou so iets kan gebeur? En hy het gesê: Kyk, jy sal dit met jou oë sien, maar nie daarvan eet nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 7