Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 22:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. JOSÍA was agt jaar oud toe hy koning geword het, en het een-en-dertig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jedída, ’n dogter van Adája, uit Boskat.

2. En hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here en geheel en al in die weg van sy vader Dawid gewandel en nie regs of links afgewyk nie.

3. En in die agttiende jaar van koning Josía het die koning Safan, die skrywer, die seun van Asália, die seun van Mesúllam, in die huis van die Here gestuur en gesê:

4. Gaan op na Hilkía, die hoëpriester, en laat hy die geld optel wat in die huis van die Here gebring is, wat die drumpelwagters versamel het uit die volk,

5. en laat hulle dit oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel is oor die huis van die Here, sodat hulle dit kan gee aan die wat die werk doen, wat in die huis van die Here is om die bouvallige plekke van die huis te herstel,

6. aan die skrynwerkers en bouers en messelaars, en om hout en gekapte klippe te koop om die huis te herstel.

7. Maar daar is nie met hulle afgereken oor die geld wat in hulle hand gegee is nie, want hulle het met getrouheid gehandel.

8. Toe sê die hoëpriester Hilkía vir Safan, die skrywer: Ek het die wetboek in die huis van die Here gevind; en Hilkía het die boek aan Safan gegee, en hy het dit gelees.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 22