Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 18:34-37 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

34. Waar is die gode van Hamat en Arpad? Waar is die gode van Sefarváim, Hena en Iwa, dat hulle Samaría uit my hand kon gered het?

35. Wie is daar onder al die gode van die lande wat hulle land uit my hand gered het, dat die Here Jerusalem uit my hand sou red?

36. Maar die manskappe het stilgebly en hom niks geantwoord nie; want dit was die bevel van die koning: Julle moet hom nie antwoord nie.

37. Toe het Éljakim, die seun van Hilkía, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en Joa, die seun van Asaf, die kanselier, met geskeurde klere by Hiskía gekom en hom die woorde van die rábsake te kenne gegee.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 18