Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 17:25-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

25. En in die begin van hulle vestiging daar het hulle die Here nie gevrees nie. Toe stuur die Here leeus onder hulle, en dié het onder hulle sommige gedood.

26. Daarna het hulle aan die koning van Assirië gesê: Die nasies wat u weggevoer en in die stede van Samaría laat woon het, ken nie die verpligting teenoor die God van die land nie; daarom het Hy leeus onder hulle gestuur, en kyk, dié maak hulle dood, omdat hulle die verpligting teenoor die God van die land nie ken nie.

27. Toe gee die koning van Assirië bevel en sê: Bring een van die priesters daarheen wat julle daarvandaan weggevoer het, dat hulle daar kan gaan woon en dat hy hulle die verpligting teenoor die God van die land kan leer.

28. En een van die priesters wat uit Samaría weggevoer is, het gekom en hom in Bet-el gevestig en hulle geleer hoe hulle die Here moet vrees.

29. Maar hulle het, elke nasie, sy eie god gemaak en in die tempels van die hoogtes opgestel wat die Samaritane gebou het; elke nasie in hul stede waarin hulle woonagtig was:

30. die manne van Babel het Sukkot-Benot gemaak, en die manne van Kut het Nergal gemaak, en die manne van Hamat het Asíma gemaak,

31. en die Awiete het Nibhas en Tartak gemaak. En die Sefarviete het hulle seuns vir Adramméleg en Anamméleg, die gode van Sefarváim, in die vuur verbrand.

32. Hulle het die Here ook gevrees en vir hulle priesters van die hoogtes uit al hul stande aangestel, wat vir hulle in die tempels van die hoogtes diens doen.

33. Hulle het die Here gevrees en hulle eie gode gedien volgens die gebruik van die nasies waar hulle vandaan weggevoer is.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 17