Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 14:21-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. En die hele volk van Juda het Asárja geneem, wat toe sestien jaar oud was, en hom koning gemaak in die plek van sy vader Amásia.

22. Hý het Elat gebou en weer aan Juda teruggebring, nadat die koning met sy vaders ontslaap het.

23. In die vyftiende jaar van Amásia, die seun van Joas, die koning van Juda, het Jeróbeam, die seun van Joas, die koning van Israel, in Samaría koning geword — een-en-veertig jaar lank.

24. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, hy het nie afgewyk van al die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.

25. Hý het die grondgebied van Israel herower van die ingang na Hamat af tot by die see van die Vlakte, volgens die woord van die Here, die God van Israel, wat Hy gespreek het deur die diens van sy dienskneg Jona, die seun van Amíttai, die profeet, wat uit Gat-Hefer was.

26. Want die Here het gesien dat die ellende van Israel baie bitter was en dit met almal sonder uitsondering gedaan was en Israel geen helper gehad het nie.

27. En die Here het nog nie gespreek dat Hy die naam van Israel onder die hemel sou uitdelg nie; daarom het Hy hulle verlos deur Jeróbeam, die seun van Joas.

28. En die verdere geskiedenis van Jeróbeam en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, hoe hy geveg en hoe hy Damaskus en Hamat van Juda aan Israel teruggebring het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 14