Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 13:17-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Verder sê hy: Maak oop die venster na die ooste toe! En hy het dit oopgemaak. En Elísa sê: Skiet! En hy het geskiet. Toe sê hy: ’n Pyl van oorwinning van die Here en ’n pyl van oorwinning op Aram: jy moet die Arameërs volkome verslaan in Afek.

18. Verder sê hy: Neem die pyle. En hy het dit geneem. Toe sê hy vir die koning van Israel: Slaan teen die grond! En hy het drie maal geslaan en opgehou.

19. Daarop word die man van God baie kwaad vir hom en sê: Jy moes vyf of ses maal geslaan het; dan sou jy die Arameërs volkome verslaan het; maar nou sal jy die Arameërs drie maal verslaan.

20. Daarna het Elísa gesterwe, en hulle het hom begrawe. En die bendes van die Moabiete het die land ingekom met die ingang van die jaar.

21. En terwyl hulle besig was om ’n man te begrawe, sien hulle meteens die bende; daarom het hulle die man in die graf van Elísa gegooi; en toe die man met die gebeente van Elísa in aanraking kom, het hy lewendig geword en opgestaan op sy voete.

22. En Hásael, die koning van Aram, het Israel verdruk al die dae van Jóahas.

23. Maar die Here was hulle genadig en het Hom oor hulle ontferm en Hom tot hulle gewend ter wille van sy verbond met Abraham, Isak en Jakob; en Hy wou hulle nie vernietig en tot nog toe nie van sy aangesig wegwerp nie.

24. En Hásael, die koning van Aram, het gesterwe; en sy seun Bénhadad het in sy plek koning geword.

25. En Joas, die seun van Jóahas, het weer die stede uit die hand van Bénhadad, die seun van Hásael, teruggeneem wat hy aan sy vader Jóahas in die oorlog ontruk het; Joas het hom drie maal verslaan en die stede van Israel herower.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 13