Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 9:23-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

23. En Samuel het aan die kok gesê: Gee die stuk wat ek aan jou gegee het, waarvan ek vir jou gesê het: Sit dit by jou weg.

24. Die kok dra toe die boud op met wat daaraan was, en sit dit voor Saul neer. En Samuel sê: Kyk, wat oorgebly het, is voor jou gesit; eet, want teen die bestemde tyd is dit vir jou bewaar toe ek gesê het: Ek nooi die volk. So het Saul dan dié dag saam met Samuel geëet.

25. Daarop het hulle van die hoogte afgegaan die stad in, en hy het met Saul gespreek op die dak.

26. En hulle het vroeg opgestaan. Toe die rooidag uitkom, het Samuel Saul op die dak geroep en gesê: Staan op, dat ek jou kan wegbring. En Saul het opgestaan, en hulle twee, hy en Samuel, het na buite gegaan.

27. Terwyl hulle by die einde van die stad afdaal, sê Samuel vir Saul: Beveel die dienaar dat hy voor ons uit verder gaan — en hy het verder gegaan — maar staan jy eers stil, dat ek jou die woord van God kan laat hoor.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 9