Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 30:19-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Niks van hulle is vermis nie — klein of groot, seuns of dogters, of iets van die buit, niks van alles wat hulle vir hul saamgeneem het nie; Dawid het alles teruggebring.

20. En Dawid het al die kleinvee en beeste afgeneem. Hulle het hul voor die ander vee gedrywe en gesê: Dit is Dawid se buit.

21. Toe Dawid by die tweehonderd man kom wat te moeg was om agter Dawid aan te gaan en wat hulle by die spruit Besor laat bly het, trek hulle uit, Dawid en die manskappe wat by hom was, tegemoet; en Dawid het met die manskappe nader gekom en hulle na die welstand gevra.

22. Daarop het al die slegte mense en die deugniete uit die manne wat met Dawid saamgegaan het, begin sê: Omdat hulle nie met ons saamgegaan het nie, sal ons hulle nie van die buit wat ons afgeneem het, gee nie; maar hulle kan elkeen sy vrou en sy kinders saamneem en weggaan.

23. Maar Dawid het gesê: Julle mag nie so maak nie, my broers, met wat die Here ons gegee het, en Hy het ons bewaar en die bende wat ons oorval het, in ons hand gegee.

24. En wie sou in hierdie saak na julle luister? Want soos die deel van die wat in die geveg aftrek, so is ook die deel van die wat by die pakgoed bly; gelykop moet hulle deel.

25. So is dit dan van dié dag af en verder gewees; ja, hy het dit as ’n insetting en ’n verordening vir Israel vasgestel tot vandag toe.

26. Toe Dawid dan in Siklag aankom, het hy van die buit aan die oudstes van Juda, sy stamgenote, gestuur en gesê: Hier is ’n geskenk vir julle uit die buit van die vyande van die Here:

27. aan dié in Bet-el en aan dié in Ramot in die Suidland en aan dié in Jattir

28. en aan dié in Ároër en aan dié in Sifmot en aan dié in Estemóa

29. en aan dié in Ragal en aan dié in die stede van die Jeragmeëliete en aan dié in die stede van die Keniete

30. en aan dié in Horma en aan dié in Bor-Asan en aan dié in Atag

31. en aan dié in Hebron en aan al die plekke waar Dawid, hy en sy manne, rondgetrek het.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 30