Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 3:17-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Toe vra hy: Wat is die woord wat Hy met jou gespreek het? Verberg dit tog nie vir my nie. Mag God so aan jou doen en so daaraan toedoen as jy iets van al die woorde wat Hy met jou gespreek het, vir my verberg.

18. En Samuel het hom al die woorde meegedeel, en niks vir hom verberg nie. En hy het gesê: Hy is die Here; laat Hom doen wat goed is in sy oë.

19. En Samuel het groot geword, en die Here was met hom; en Hy het nie een van al sy woorde onvervuld laat bly nie.

20. En die hele Israel van Dan tot Berséba het erken dat Samuel betroubaar was as ’n profeet van die Here.

21. En die Here het weer verskyn in Silo; want die Here het Hom geopenbaar aan Samuel in Silo deur die woord van die Here.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 3