Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 3:12-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Dié dag sal Ek aan Eli vervul alles wat Ek oor sy huis gespreek het, van begin tot end.

13. En Ek sal hom te kenne gee dat Ek sy huis gaan oordeel tot in ewigheid oor die ongeregtigheid wat hy geweet het; want toe sy seuns skande oor hulleself gebring het, het hy hulle nie streng bestraf nie.

14. En daarom sweer Ek aangaande die huis van Eli: Waarlik die ongeregtigheid van die huis van Eli sal tot in ewigheid nie deur slagoffer of spysoffer versoen word nie.

15. En Samuel het bly lê tot die môre toe. En hy het die deure van die huis van die Here oopgemaak; maar Samuel was bevrees om die gesig aan Eli mee te deel.

16. En Eli het Samuel geroep en gesê: Samuel, my seun! En hy antwoord: Hier is ek.

17. Toe vra hy: Wat is die woord wat Hy met jou gespreek het? Verberg dit tog nie vir my nie. Mag God so aan jou doen en so daaraan toedoen as jy iets van al die woorde wat Hy met jou gespreek het, vir my verberg.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 3